Meer oor ons...

Verstaan in Jou taal!

Vakke is NOU beskikbaar teen R105.00 per maand per vak. (Pryse onderhewig aan verandering. In AfriCamb se huidige toestand kan slegs een vak op n slag gebruik word en vakke kan nie gekombineer word in pakette nie.)

Wie is ons?

AfriCamb is die skakel tussen die Afrikaanse tuisskoler en die Britse Kurrikulum.

Jy kan die voordele van ‘n gesogte kurrikulum geniet, maar nog steeds die voorreg hê om te verstaan in jou taal.

AfriCamb is ‘n aanlyn platform met videolesse gebasseer op die Britse Kurrikulum.

Eksamens word in Engels geskryf. In ‘n internasionale werksomgewing moet jou kind kan Engels praat. Waarom dan leer in Afrikaans?

Konseptualisering (verwerking en verwerwing) van inligting vind in mens se moedertaal plaas.

Dit is telkens bewys dat kinders nuwe konsepte en vaardighede die maklikste in hulle moedertaal aanleer, en dat hulle hierdie vaardighede later dan maklik na ‘n tweede taal soos Engels kan oordra. Kinders sal moeilike begrippe nog moeiliker in ‘n ander taal vind en dit in baie gevalle nie kan bemeester nie.

Waarom die Britse kurrikulum?

• Dit is ‘n internasionaal aanvaarde kwalifikasie.

• Geen tydmors op onnodige werk nie. Minder vakke is nodig om ‘n geldige Suid-Afrikaanse matriek en toelating by universiteite te kry.
Die vakinhoud van die Britse kurrikulum is belyn met vakke op universiteitsvlak.

Het jy al ooit gedink jou kind spandeer tyd daaraan om skoolwerk te leer wat hy/sy moontlik nooit in sy lewe gaan gebruik nie? Het jy al ongemaklik gevoel oor onderwerpe wat jou kind op skool leer wat nie ooreenstem met jou gesin se waardes nie?

• Jou kind leer REGTIG teen sy eie pas!
“Leer teen jou eie pas” word dikwels in advertensies gebruik, maar die hoeveelheid werk wat die leerder in ‘n jaar moet leer om ‘n graad te slaag bly dieselfde as in ‘n tradisionele skool. Take en werksopdragte het sperdatums en neem soveel tyd in beslag dat ‘n leerder dikwels nie tyd het om die kerninhoud van ‘n vak te bemeester nie. Met kurrikulums soos CAPS / IEB is daar ‘n vasgestelde hoeveelheid werk wat geleer moet word voordat jou kind gelyktydig in al die vakke eksamen skryf en dan die graad slaag. Met Cambridge hoef jy nie al die vakke gelyk of eers in dieselfde jaar te skryf nie. Elke jaar word eksamens in Junie en in November aangebied. Elke vak kan vergelyk word met ‘n leerlinglisensie. Die kind leer en as hy/sy die vak bemeester het en goed presteer in vorige vraestelle, registreer jy by ‘n sentrum om die eksamen daarin te gaan skryf.

Hoe doen ons dit?

AfriCamb help tans die tuisskoler om voor te berei vir Internasionale GCSE vlak eksamens.

*AfriCamb is nie ‘n skool nie. Die kind se studies en vordering bly die verantoordelikheid van die ouer/voog. Registrasie vir eksamens by ‘n eksamensentrum, betaling van eksamenfooie en vervoer na eksamenlokale bly die verantwoordelikheid van die tuisskoler se ouer/voog.

Op die aanlyn platform bied AfriCamb:

1. Afrikaanse videolesse.

As jy ‘n skootrekenaar / rekenaar met onbeperkte internettoegang het kan jy lekker in jou taal leer. Lesse is in dieselfde volgorde as in die Oxford handboeke. Jy kan egter enige handboek wat die Britse syllabus dek gebruik. Lesinhoud dek die syllabus van elke vak en deur noukeurig notas te maak kan jy selfs sonder ‘n handboek leer.

2. Vorige eksamenvrae.

Na elke eenheid word eksamenvrae uit vorige vraestelle uitgewerk.

3. Kwaliteit onderrig wat jy kan bekostig.

Vanaf net R105.00 per maand kan jy toegang kry tot die vak van jou keuse. (pryse onderhewig aan verandering)
Die produk is beskikbaar op ‘n maand tot maand basis en jy word nie verbind met kontrakte en langtermyn intekenings nie.

4. Brein-vriendelike leer

Lesse fokus op die verstaan van konsepte en nie om feite soos ‘n pappegaai te onthou nie. Praktiese voorbeelde wat die kind self kan ervaar en probeer is deel van elke les. Herhaling speel ook ‘n groot rol by suksesvolle leer.

Vakke

Wiskunde Chemie Fisika Biologie Rekeningkunde Besigheids Studies Ekonomie
Mathematics 0580
Eenheid 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8 en 9 nou beskikbaar.
Chemistry 0620
Binnekort beskikbaar
Physics 0625
Eenheid 1 nou beskikbaar
Biology 0610
Nie nou beskikbaar nie
Accounting 0452
Nie nou beskikbaar nie
Business Studies 0450
Nie nou beskikbaar nie
Economics 0455
Nie nou beskikbaar nie

AfriCamb maak tuisskool eenvoudig

1-2-3 en jou kind kan leer!

1. Kies ‘n AfriCamb vakpakket

2. Betaal maandeliks met jou Visa of Mastercard. Geen kontrakte wat jou bind nie!

3. Kyk, luister en verstaan in jou taal!

Prakties

Internasionale GCSE vlakke het ‘n “alternative to practical” vraestel en nie ‘n laboratorium prakties nie. Praktiese vaardighede is deel van AfriCamb lesse.

Waarom dan nie?

Vir verdere navrae, kontak ons by info@africamb.co.za